Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Ek Dink Aan Jou (As Dit Reën)
Fokofpolisiekar
Popularity · Low
+
🇿🇦 Afrikaans · Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
'N Oomblik is die wêreld werd
Maar net die eerste een
'N Dier bly 'n dier
Gaan slaap as jy sal beter raak
As jy aan die slaap kan raak
'N Dier bly 'n dier
Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën
Hierdie vier mure maak my naar
Is jy siek of sit jy aan?
Die lied in my hart is 'n swanesang
Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën
Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees
Ek sweer daar's iemand wat in die hoek staan
As ek my oë knip, is sy weg soos my kinderdae
Ek dink aan jou as dit reën
Ek dink aan jou as dit reën
Ek is nie meer lief vir jou nie
Ek kon jou nie gelukkig hou nie
Beloftes breek
Styf vashou maak seer
Kwaad raak ons net vir mekaar
Mans bly seuns
Seuns wil mans wees
Deesdae vat dit langer
Om mense te leer ken
Deesdae vat dit langer
Om mense te leer ken
Is dit regtig nodig
Om mense te leer ken
Deesdae vat dit langer