Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Klein Tambotieboom
Die Heuwels Fantasties
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison
Jy het nie 'n graad nie
En jy het nie 'n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos 'n kind te baljaar
En die verte in van 'n krans af te staar
Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison
Geรฏsoleer in donderweer
Ver van die wolkekrabbers
Net die atmosfeer wat aan ons kleef
En 'n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Ek het nie 'n agenda nie
Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam
En deur die bottels wat knak hoor ek 'n skaterlag
As die donker my kom haal
En die here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan
En in 'n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die Bosveldhorison
ย