Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Roadtrip
Kaleidoskoop
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Spyt kom altyd te laat
Deesdae baseer ek al my besluite op hierdie wyse raad
My hart oortuig my dit is tyd
Vandag breek ek finaal uit hierdie gemaksone uit
Wit gestreepte growwe rug
Die pad, en bo dit net blou lug
Die vryheid lok my vreugde terug
Met bagasie slegs van snaar
Oppad na wie weet waar my hart weer kan bedaar
My veg of vlughormoon skop in
Klim uit die bed, roer jou bas
Spring deur die stort en pak jou tas
Onthou, stof jou dansskoene af
Voeter als in die kattebak
Gryp jou gees en laat ons pak
Met goeie geselskap kyk ons waar die pad ons vat
Om te keer dat ek perspektief verloor
Luister ek graag hoe die branders fluister in my oor
Al my persepsies van die lewe oorbelรช
Terwyl ek op die naat van my rug langs jou op die strand kan lรช
Wit gestreepte growwe rug
Die pad, en bo dit net blou lug
Die vryheid lok my vreugde terug
Met bagasie slegs van snaar
Oppad na wie weet waar my hart weer kan bedaar
My veg of vlughormoon skop in
Klim uit die bed, roer jou bas
Spring deur die stort en pak jou tas
Onthou, stof jou dansskoene af
Voeter als in die kattebak
Gryp jou gees en laat ons pak
Met goeie geselskap kyk ons waar die pad ons vat
O my prioriteite wankel graag
Soms vergeet ek ook waaroor hierdie lewe eintlik gaan
Kan ek jou aanspreeklik hou om my te waarsku as ek vou?
Jy sal sien ek het ontspoor as ek my lewenslus verloor
Klim uit die bed, roer jou bas
Spring deur die stort en pak jou tas
Onthou, stof jou dansskoene af
Voeter als in die kattebak
Gryp jou gees en laat ons pak
Met goeie geselskap kyk ons waar die pad ons vat