Skip to content

Die Kruispad

Parow, Jack feat. Mr. Cat & The Jackal
Popularity ยท Low

YouTube

Searching YouTube...

Lyrics

Dit was 'n donker aand Die maan was skerp Die mis het dik gehang Om die draak se berg In stap 'n man Met 'n lang swart jas In sy hand 'n Swart leer tas Hy het gesit by die counter Haal 'n houtpyp uit Bestel 'n bottel whisky En 'n glas vol ys Daar op die stoel Het die aand begin Die man met die jas Het die donker gebring Die kreukels op sy vel Deur 'n hoed bedek Al die jare wat verby is Oor sy vel gestrek Die vuur in sy oรซ Brand die skadus oop Hy het sy siel aan die duiwel By die kruispad verkoop Sweef oor die vloer En op die grondpad uit Op soek na die kontrak Wat sy lot besluit Spyt oor die keuses Maar vir geen een bang Op pad terug na die kruispad Om die duiwel te vang Die donker byt aan sy hande Soos die slang se tong Hy't homself in die donker En die mis vermom Vanaand gaan die duiwel Op die grondpad rus Die man met die jas Gaan sy brand kom blus Hy rol nader Tot hy by die kruispad staan Die haat en die anger Het hom toe geslaan Hy sit die tas in die stof En maak die klepses los In die mis en die koue Gaan hy homself verlos 'n Skadu rol nader En die koue verdwyn Die hitte klop in sy bors Tot die swart verskyn Swart soos die donker In die swartste nag Die duiwel by die kruispad Het vir die man gewag "Ek's hier vir my siel," Het die man gesรช "Ek's hier om vanaand My byl neer te lรช Ek's klaar met die kontrak Ek's klaar beheer Vanaand sal ek die donker Uit my hart verskeur." Die duiwel kom nader Die man raak benoud Selfs deur die hitte Raak die man yskoud Die duiwel sit sy hand Op die man se bors Die swart gif begin Deur sy lyf te kors Dis te laat vir terugdraai Jy't jou bloed gegee Jy't klaar met jou hand Oor jou mond gesmeer Jy't klaar die vrugte Van genot geproe En nou gaan ek jou siel Na die vuur vervoer Hy sak tot sy knieรซ Sy lewe flits verby Gekry wat hy wou hรช Nou's sy kans verby Die vuur in sy oรซ Brand die skadus oop Hy't sy siel aan die duiwel By die kruispad verkoop