Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Hierdie Lied is Vir Jou My Vrou
PistonsSa
Popularity · Low
+
Original
0
0
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Daardie aand het ek uitgegaan
Om jou iewers te gaan haal
Ek't nie geweet wie jy is nie
Maar wel geweet dat jy bestaan
Die musiek was hard
En die atmosfeer goed
Toe my blik op jou val
Klop my hart teen hoë spoed
Jy het skaam geglimlag
En my hart was verdwaald
Ek het jou gevind
Jy was die hooimied se naald
Ek het jou gevra om te dans
Jou antwoord was ja
Ek't geweet jy's die een
Wat my toekoms sal dra
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief
Saam het ons ouer geword
Al hoe nader aan mekaar
Jy is my beste vriend
Jy het my laat bedaar
Ek dank die Here elke dag
Vir die kans om jou lief te hê
Ons huwelik gaan van krag tot krag
Dit kan ons eerlik en met gemak sê
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief
Jy is altyd daar vir my
In my diep tye van nood
Ek sal altyd by jou wees
En jou bystaan tot die dood
Stap saam met my die pad
Hy lyk dalk swaar hierdie spoor
Maar saam sal ons hom aanpak
Tot ons eendag teen die tyd verloor
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief
Vat nou my hand, en druk hom sag
Kyk in my oë, jy het so baie mag
Ek gee oor aan jou, ek het alle weerstand verloor
Jy is my liefling, jy het my hele wese getoor
Kyk hoe vêr het ons gekom
Ons is nog lank nie klaar
Ons liefde het aanhou blom
Ons liefde is so raar
Hoe kan ek jou ooit genoeg bedank
Vir alles wat jy vir my doen
Jou mooie oë kyk regdeur my
Kom hier, en gee my n soen
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief
Hierdie lied is vir jou my vrou
Ek hoop jy weet dit my lief
Ek is so innig lief vir jou
Jy is sowaar my hartedief