Die Dapper Muis
Popularity ยท Low
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Ek's 'n dapper muis,
kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang,
daar is niks wat my kan vang,
nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
En sรช nou daar's 'n kat!
Oe, 'n kat!
Ja, 'n kat met 'n huis wat altyd hunker na 'n muis.
Ag nou ja!
Buiten vir 'n kat, is daar niks waarvoor ek skrik nie.
Ek's 'n dapper muis,
kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang,
daar is niks wat my kan vang,
nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
En sรช nou daar's 'n valletjie
Oe, 'n valletjie!
Ja, 'n ding wat val met 'n gruwelike knal.
Ag nou ja!
Buiten vir 'n kat en 'n valletjie,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.
Ek's 'n dapper muis,
kyk hoe stap ek deur die huis,
en daar's niks waarvoor ek skrik nie.
Vir niemand is ek bang,
daar is niks wat my kan vang,
nee daar's niks waarvoor ek skrik nie.
En sรช nou daar's 'n uil.
Oe, 'n uil!
Ja, 'n uil van wie muise altyd skuil.
Ag nou ja!
Buiten vir 'n kat en 'n valletjie en 'n uil,
is daar niks waarvoor ek skrik nie.
En wat van 'n lawaai,
soos 'n haan wat kraai,
En 'n geklingel en 'n getingel en 'n gekletter en 'n geknetter,
en 'n boems en 'n kardoems.
Waar's jy?
O buiten vir 'n kat met 'n gryns wat altyd hunker na 'n muis
en 'n ding wat val met 'n gruwelike knal
en 'n uil in die nag wat vir muise sit en wag
en 'n huis met 'n lawaai soos 'n haan wat kraai.
'n Getjingel, 'n getingel, 'n gekletter, 'n geknetter
en 'n boem en 'n kardoems
Oe-eee!
Is daar niks waarvoor ek skrik nie.
Jy Jok!