Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Huigelaar
Kobus!
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Halleluja Hosanna!
Kom kyk na my konsert
My skynheilige skouspel
Die skamele honderd rande werd
Ek preek die nuwe testament met 'n Rock'nRoll gebed
Net 999neรซntig op 'n cd of kasset
Koop! Koop! Koop! My woorde soet soos stroop
Die show wat ek hou sal verlossing bring vir jou
Kom! Kom! Kom! Gehoorsaam my gebod
Ek is 'n selfvoldane sot soos 'n christen vermom
Hosanna Halleluja!
My DVD is klaar
Ek loof die naam van Jesus
Met 'n juigende kitaar
Die kamera streel sagkens oor my plastiese gelaat
Agter sneeuwit Armani skuil die hart van 'n huigelaar
Koop! Koop! Koop! My DVD hoop
Ek wil 'n groot nuwe huis bou, betaal deur jou
Gee! Gee! Gee! Ek soek 'n nuwe BMW
Om al die geld wat ek kry na die bank toe te karwei
"Maar wag, dis nie al nie luister nou na diรฉ aanbod.
Koop my plaat voor eind-Oktoberr, kry 'n kleurplakaat van God!!"
Halleluja Hosanna!
Die duiwel is verslaan
Almal wat my cd koop kan hemel toe gaan
Ek preek die blye boodskap met 'n Rock"nRoll gebed
Net 999neรซntig op 'n cd of kasset
Kom kom kom! Huigelaar!
Hosanna Halleluja
Koop koop koop! Huigelaar!
Hosanna Halleluja
Kom kom kom! Huigelaar!
Halleluja Hosanna.
Kom kom kom gehoorsaam my gebod
Ek is 'n selfvoldane sot soos 'n christen vermom!
ย