Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Namibsroos
Theuns Jordaan
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Namibsroos
Theuns Jordaan
Inleiding
Jy was ysig in die koue.
Jou hande in jou hoed.
Jou jas tot bo geknoop.
Jou glimlag soet.
In die ego van jou wegstap.
In die woorde van jou groet.
Lรช beloftes van jou omdraai, en na my soek.
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Tafelberg die roep my.
Oral waar ek gaan.
As jy eendag, op 'n reรซndag.
Op 'n grou en eensaam Sondag.
Voor my deur kom wag.
Sou ek jou eensklap wegvat, deur die lug of met die langpad.
Na 'n somer visioen.
Waar ek jou sal soen.
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Tafelberg die roep my.
Reguit na jou toe.
Instrumenteel
As jy eendag weer wil praat.
Die geheime in jou loslaat.
Vir my 'n boodskap bring.
Sou ek dit sing.
En jy vra my oor ons mรดre.
Sal ons gister weer kan terug kry?
Soos misreรซn in die oggend, kleef jy aan my.
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Tafelberg die roep my.
Oral waar ek gaan.
In die weelde wat my bybly.
In drome staan jy voor my.
In die oestyd van die liefde.
Waar ek jou kry.
In die myle wat verby gaan, deur die ure wat ons saam kry.
In 'n Sonneblom seisoen, is ons versoen.
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Tafelberg die roep my.
Reguit na jou toe.
Instrumenteel
Stuur vir my 'n bottelbrief, jou hart se serenade.
Die branders sal dit bring.
In die warm van jou woorde.
Voltyd van my gemoed.
Sou jy dit als verstaan, as ek nader gaan?
En sou jy by my staan, in glimlag en in trane?
Sou jy by my staan?
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Sonneblom seisoen.
Tafelberg die roep my.
Reguit na jou toe.
Sonneblom seisoen.
Bring vir my 'n Namibsroos.
Bring haar na my toe.
Sonneblom seisoen.
Tafelberg die roep my.
Na Sonneblom seisoen.
Musiek en lirieke deur T Jordaan - Uitgewer - EMI Music Publishing
ย