Skeeloog Daisy
Popularity ยท Low
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Ek het gevry na 'n nooi met 'n skeeloog
Haar lippies was rooi net baie droog
Die rokkies wat sy dra was te klein vir haar ma
Besit al die kleure van 'n reenboog
Op haar hotoog het sy 'n karkatjie
Op die punt van haar ou neus was 'n vratjie
Sy was nie juis mooi nie
Haar wange nie rooi nie
Maar ek sweer vir jou
Sy was 'n platjie
Haar oe was so groot soos 'n skottel
Haar beentjies het die patroon van 'n bottel
Raak sy aan die stap
Sien jy net 'n grap
Soos die Engelsman sal se "She can nottle"
Jy moet jou met haar nie bemoei nie
Jy weet nie hoe goed sy kan stoei nie
Het ou Dawie dit probeer
En die groot gras sal nooit weer daar groei nie
Haar pappie se naam was 'n Stoffel
Sy neus was so plat soos 'n troffel
Sy snorre was lank en sy hotbeen was mank
En sy asem ruik altyd na knoffel
Ek kon dit nie langer verdra nie
Die baklei van haar pa en haar ma nie
Maar voor sy my skel laat ek julle vertel
Ek laat my van Skeeloog nie pla nie
Ek het gevry na 'n nooi met 'n skeeloog
Haar lippies was rooi net baie droog
Die rokkies wat sy dra was te klein vir haar ma
Besit al die kleure van 'n reenboog
Op haar hotoog het sy 'n karkatjie
Op die punt van haar ou neus was 'n vratjie
Sy was nie juis mooi nie
Haar wange nie rooi nie
Maar ek sweer vir jou
Sy was 'n platjie