Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Amsterdam
Herman Kleinhans
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Ek loop deur die strate van Amsterdam stoksielalleen
Ek dink aan al die dinge wat ek het om te deel
Maar langs die kanale word die vrae weer 'n paar te veel
Dalk is dit tyd vir iemand om my in te kleur
En toe was daar Hester
En sy het gespeel
Met elke oomblik
Sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart
Waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly
Is een sonder jou
Ek loop deur die strate van Mechelen en dit reรซn
En al wat ek soek is 'n nuwe hart om te steel
Maar die aand is te skaam en die foto in die raam is te bleek
En dis dalk nou 'n goeie tyd om hom op te skeur
En toe was daar Hester
En sy het gespeel
Met elke oomblik
Sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart
Waaraan ek so bou
En die prentjie wat oorbly
Is een sonder jou
Ek loop deur die strate van Parys en ek moet sรช dis vreemd
Koppe omhoog na 'n toring met liggies bedeel
Maar aan die eenkant van die straat staan daar mense op mekaar en skree
Dan wonder ek of almal dan nou werklik die selle siening deel?
Gelukkig was daar Hester
En sy het gespeel
Met elke oomblik
Sy het stukke gesteel
Van daardie legkaart
Waaraan ek so bou
By die prentjie wat oorbly
Is een sonder jou
En toe was daar Hester