Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
die avontuur van hartbreek
Straatligkinders
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
YouTube
Searching YouTube...
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Jou hart klop vinniger
Jou polse sweet, my polse sweet
Asemhaling raak stadiger
Jou hande bewe, my hande bewe
Worstel met my gedagtes
Jy glimlag breed, ek glimlag breed
Wees braaf en wees jouself
Jy het my naam, ek het jou naam
ย
Kom kom kom nou saam
Ons dans oor die sterre en die maan
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
Sien sien sien jy my
Ek's besig om oor planete te gly
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
Tragedie tref ons harte
Jy soek meer en ek soek minder
Niks is meer dieselfde nie
Jou polse sweet nie, my polse sweet nie
Is dit nou hoe dit gaan eindig
Jy's onseker en ek voel seker
Dis nie nodig om spyt te wees nie
Want spyt steel tyd van die Avontuur
ย
Kom kom kom nou saam
Ons dans oor die sterre en die maan
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
Sien sien sien jy my
Ek's besig om oor planete te gly
Moet net nie so bang wees nie
Moet net nie so skaam wees nie
ย