Skip to content

Pinochio se Dam

Popularity ยท Low

Listen

YouTube

0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced

Lyrics

Op 'n but in Pretoria, staan my oupa se huis Ons ry op teen die skuinste Ons is moeg na die reis Oupa wys ons sy treintjie in sy garage Ons hardloop inderhaas Ons groet die Oupa's, die Ouma's Die neefies, die niggies Die oomies, die tannie Die kersboom se liggies gaan aan, en af Onthou al die stories Onthou al die grappies Op ou kersaand hou ons konsert op die trappies Ek was 'n wyse man, en my boetjie was Josef My sussie Maria en my klein boetjie Jesus Al was ek nie daar nie(al was ek nie daar nie) Ek weet dit is waar(ek weet dit is waar) Die krip en Maria met die kleintjie by haar My oupa se swembad, kan ons ure uit span Ons kan gly met leรซ bokse tot die skemer ons vang Teen die gras walle af langs Pinocchio se dam Oh Pinocchio se dam Regs teen die Oupa's, die Ouma's Die neefies, die niggies Die oomies, die tannie Die kersboom se liggies gaan aan en af Onthou al die stories Onthou al die grappies Op ou kersaand hou ons konsert op die trappies Ek was 'n wyse man, en my boetjie was Josef My sussie Maria en my klein boetjie Jesus Vir ons is 'n seun gebore Aan ons is 'n seun gegee In doeke toegedraai in 'n krip En Hy sal vernoem word Wonderbare Raadsman Magtige God Ewige Vader Vredevors Al was ek nie daar nie (al was ek nie daar nie) Ek weet dit is waar (ek weet dit is waar) Die krip en Maria met die kleintjie by haar Dis as of die Engel, die boodskap nog bring Van Jesus Sy vrede wat harte laat sing