Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Oom Wille se Springbokplaas
Robbie Wessels
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Sy Boerboel se naam is Bakkies, sy Bramaan se naam is Beast
Sy hoender se naam is Victor, en sy pappegaai Fourie du Preez
Hy ken al sy bokke op hul name
Van Mornรฉ tot Bismarck du Plessis
En vanaand slag hy 'n skapie vir die spitbraai
Vir Schalk Burger en vir Pat Lambie
Want daar's 'n opskop by die skuur,
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur, kom na oom Willem se Springbokplaas
Al die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud, van jonk tot oud
Die Merino's, Karrakoele en die Dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud
Sy buurman se naam is Sherman, 'n Aussie in murg en been
Ge-emmigreer na die '95 worldcup, toe die Bokke die worldcup wen
Hy boer met piesangs en met mielies en papayas
Hy't 'n ingevoerde Kangaroe
En almal sรช dis 'n kolosale springhaas
Ja, niemand wil vir Sherman glo
Want daar's 'n opskop by die skuur,
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur, kom na oom Willem se Springbokplaas
Al die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud, van jonk tot oud
Die Merino's, Karrakoele en die Dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud
Daar was 'n bokdrol-spoeg kompetisie, die foefie-slide was reg
'N Driebeen sakresies en 'n modder kleilat geveg
Maar die opgewondenheid was oor die resies
Hier in die haetjie van die Klein Karoo
Tussen oom Willem se makgemaakte Springbok
En ou Sherman se Kangaroe ...
Pierre Spies is die naam van sy Springbok, met Kito die Kangaroe
In 'n Kilometer resies vir die wenpaal,
En oor die vlaktes van die Klein Karoo
En Kito neem die voortou toe die skoot klap
Want Pierre skrik vir die geweerskootknal
En met 'n drafstap is hy vinnig langs Kito
"Jy is 'n springhaas, ek sien jou by die wenpaal"
Want daar's 'n opskop by die skuur,
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur, kom na oom Willem se Springbokplaas
Al die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud, van jonk tot oud
Die Merino's, Karrakoele en die Dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud ...
Want daar's 'n opskop by die skuur,
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur, kom na oom Willem se Springbokplaas
Al die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud, van jonk tot oud
Die Merino's, Karrakoele en die Dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud
Die Merino's, Karrakoele en die Dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud
ย