Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Die Sprokie
Steve Hofmeyr
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Jy vertel my van 'n land met sy legendes,
en van sprokies wat deur dik en dun bestaan.
Liefde wat te sterk was,
vir towenaars en ellendes;
liefde wat ons weet kan nooit vergaan.
Ek weet daar is niemand wat die wereld weer kan wysmaak,
want daar is niemand wat sal glo wat ons twee het,
sonder helde sonder hemele; waar wyse hekse waak,
het jy my met n prins se hart kom red.
In al die fabels en verhale saam
was daar nog nooit 'n vreemdeling
met liefde wat deur alles staan soos jy.
Elke keer as die boek toeslaan,
fluit-fluit jou storie is uit,
wil ek weet of jy bestaan vir my,
'n held vir my, 'n held vir my?
Daar is 'n pyl en boog in al jou hart se woude,
en jy stuur briefies oor my grys kasteel se muur
Buite staan jou goue koets
Wat heelnag teen die koue
Vlinders volg en dwergies laat bestuur.
En jou swaard hang reg om reuse te verower,
Want jy weet vir jou sal ek dieselfde doen.
Wolwe wag om elke draai
En dan is daar nog rowers,
vat my nou, voor ander dit dalk doen
In al die fabels en verhale saam
was daar nog nooit 'n vreemdeling
met liefde wat deur alles staan soos jy.
Elke keer as die boek toeslaan,
fluit-fluit jou storie is uit,
wil ek weet of jy bestaan vir my,
'n held vir my, 'n held vir my?
Al die fabels en verhale saam
was daar nog nooit 'n vreemdeling
met liefde wat deur alles staan soos jy,
En elke keer as die boek toeslaan,
fluit-fluit jou storie is uit,
wil ek weet of jy bestaan vir my?
Al die fabels en verhale saam
was daar nog nooit 'n vreemdeling
met liefde wat deur alles staan soos jy,
En elke keer as die boek toeslaan,
fluit-fluit jou storie is uit,
wil ek weet of jy bestaan vir my,
'n held vir my, 'n held vir my.
ย