Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Honger
Kobus!
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Ek is honger vir die skaduwees wat intrek voor die son
Ek is honger vir die strate en die ligte en beton
Ek is honger om die dag se laaste voor my te sien vlug
Ek is honger om die sondaars met my sonde te bevrug
Ek is honger, honger
Ek is honger vir versoek, ek is honger vir vervloek
Ek is honger vir adrenalien, spoed se warm gloed
Ek is honger vir Gehenna, Kuzimu en Tartarus
Ek is honger vir die vuur ek is honger soos 'n dier
Ek is honger vir die doodskleed
Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon
Honger vir die nag se koue vingers om my keel
Ek is honger vir die gille, die geweld en die vrees
My honger is 'n monster, is 'n reuse bose gees
Ek is honger vir vergelding, sien die wraak in my gesig
Ek is honger om die vrede te ontwrig
Ek is rasend honger
Ek is honger vir venyn, die ongoddelike pyn
Ek is honger vir die marteling, koue en geween
Ek is honger vir die waansin, sweet en bloed wat oor my reรซn
Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting
Honger vir 'n vlammevloed
Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon
Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed
Rasend Honger
Rasend Honger
Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon
Honger vir 'n bloedbad
Ek is honger vir oproer in die gekkeparadys
Vir siviele ongehoorsaamheid wat uit die nag verrys
Ek is 'n honger megamaniak met duiwels op my rug
Hou jou pote van my af of trek 'n stompie terug
Ek is honger vir minagting, blindelingse slagting
Honger vir 'n vlammevloed
Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon
Honger vir 'n avondmaal van vlees en warm bloed
Honger vir die vuur, ek is honger soos 'n dier Ek is honger vir die Doodskleed
Honger vir 'n Mammon, honger vir 'n Babilon
Honger vir die nag se koue vingers om my keel
ย