Skip to content
Lyric
Dive
Public playlists
My playlists
Search
Sign in
Slapende Honde
Spoegwolf
Popularity ยท Low
+
๐ฟ๐ฆ Afrikaans ยท Original
0
0
Listen
YouTube
1
2
3
0:00 / 0:00
Loading YouTube player...
Lyrics offset
Synced
Lyrics
Original
Translation
Bilingual
Dink jy ek sal daar uit kan kom daardie dag
In die kerksaal
In die somer
Dink jy die wild in my sal aanhou slaap
Jy't met joune
My bedaar
En nou
By jou
Die son rus op slapende honde
Jy't verander
En ek het ook
Ek weet jy sal my nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie
Jy weet ek sal jou nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie
Dink jy ek's sterk genoeg om als te hou
'n Dak oor ons kinders
'n Kaggel in die winter
Dink jy ek sal my stories nog kan skryf
Ek wil iets oor jou
Sterker as tyd
In harte bou
So diep as die blou
Die son sak oor slapende honde
Jy't verander
Ek het ook
Ek weet jy sal my nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur jou waai nie
Jy weet ek sal jou nooit verraai nie
Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie